Sempre Opera in Namibia

Members of the Sempre Opera Singers and Instrumental Ensemble recently returned from a short but successful tour in Namibia where they performed in the National Theatre of Namibia in Windhoek.

Herewith an excerpt from Beeld about the Concert:

a night at the opera poster

 

Sempre Opera reis na Windhoek

Sondag 23 Februarie 2014

 Lede van Sempre Opera en die Sempre Opera-orkesensemble tree Donderdag en Vrydag op in Windhoek.

Die geselskap se program, A Night at the Opera, word aangebied as ’n huldeblyk aan Cobus van Lill, wat sy lewe grootliks gewy het aan die bevordering van klassieke musiek in Namibië.

Van Lill is twee jaar gelede dood.

Gretel Coetzee, ’n sopraan van Windhoek, deel die verhoog met Sempre Opera se Deirdré Blignaut-Rautenbach (sopraan), Linette van der Merwe ­(mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor) en Coert Grobbelaar (tenoor).

Die begeleiding is deur Ferdi Geyer (klavier) en die ensemble is onder leiding van Schalk van der Merwe.

Sempre Opera sien dié besoek as ’n stap in die rigting om homself te vestig as ’n reisende geselskap wat opera as kunsvorm bevorder.

Photo’s of the trip to Namibia will be uploaded to our Facebook Page HERE

Tags: , ,

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.